Kragverhoging van 8,6%: ‘Dit was ‘n fout’ sê Stad WindhoekAugust 22, 2025
Dit was ‘n fout, sê Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya aan Kosmos 94.1 Nuus, sonder om enige verduideliking te verskaf oor hoekom ‘n 8,6 persent kragtarief verhogingskedule vandag op sosiale media geplaas is, terugwerkend vanaf 1 Augustus. Kosmos is in besit van die dokument.
Kosmos 94.1 Nuus het vroeër die dokumente aan die Elektrisiteitsbeheerraad, wat net 3,9 persent goedgekeur het, gestuur en hulle het navraag by Stad Windhoek gedoen, waarna Amutenya aangekondig het die 8,6 persent was ‘n fout.