Roelie Venter sluit aan by BeplanningskommissieAugust 22, 2025

Landbou kry verteenwoordiging by die Nasionale Beplanningskommissie met die Namibiese Landbou-unie se hoofbestuurder, Roelie Venter, wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangestel is as lid, saam net 18 ander. Die lede, wat uit uiteenlopende sektore kom insluitend akademia, die sake-sektor, landbou, ekonomie en maatskaplike wetenskappe, sal vir ’n tydperk van drie jaar dien vanaf 1 Augustus vanjaar. Daar word verwag dat hul gesamentlike kundigheid sal die kommissie se rol versterk in die bepaling van Namibië se sosio-ekonomiese ontwikkelingsprioriteite en -beleide.