Amnestie vir onwettige wapens in ErongoAugust 23, 2025

Inwoners van Erongo kan van 1 tot 30 September vrywillig onwettige vuurwapens en ammunisie in hul besit by hul naaste polisiekantoor inhandig sonder om enige vervolging te vrees. Die polisie in die streek het ‘n beroep op inwoners gedoen om van die geleentheid gebruik te maak in belang van die publiek en nasionale veiligheid.