Cope kwaai oor uitsetting van kwesbare kinders August 23, 2025
Die Congress of the People die uitsetting van kwesbare kinders uit die Boikagong Kinder- en Jeugsentrum in Mahikeng, Noordwes. Volgens verslae woon daar nou senior ANC-amptenare en lede van die department van maatskaplike ontwikkeling in die fasiliteit. Cope sê die sentrum, wat met openbare geld gekoop is, is bedoel vir wees- en mishandelde kinders. Die party het onderneem om hofingryping te versoek indien daar nie opgetree word nie.