Ngurare vergader met Japanse eweknie August 23, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare het Vrydag met sy eweknie in Japan, Ishiba Shigeru, vergader. Hulle het samewerking op die gebied van mynwese, landbou, gesondheid, ontsouting, infrastruktuur, sport en toerisme bespreek. Beide leiers het gesê hulle is optimisties dat beter samewerking tot ekonomiese groei en werkskepping sal lei. Die ontmoeting het op die kantlyn van die 9de Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling in Yokohama plaasgevind.