SA onthou fluitjieblaser Babita DeokaranAugust 23, 2025

Dit is vandag vier jaar sedert die fluitjieblaser Babita Deokaran buite haar huis in Winchester Hills in Johannesburg doodgeskiet is nadat sy verdagte betalings van 100 miljoen rand by die Tembisa-hospitaal blootgelê het. Die enkelma en hoofrekenmeester van die Gautengse Gesondheidsdepartement is in ‘n koeëlreën dood oomblikke nadat sy haar dogter by die skool afgelaai het. Ses mans is sedertdien skuldig bevind, maar die meesterbrein is steeds op vrye voet.