Shoombe vat leisels by veeartseny August 23, 2025

Die landbouministerie het dr. Kenneth Kennedy Shoombe as die nuwe hoof van veeartsenydienste in Namibië aangestel. Shoombe sal ook die land by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid verteenwoordig. Voor sy aanstelling, wat van 1 Augustus geld, was Shoombe adjunkhoof van veeartsenydienste en ook die voorsitter van Kaza se groep oor dieregesondheid.