Wegholbrande risiko vir sewe provinsies in SA August 23, 2025
AfriForum waarsku oor die gevaar van lewensgevaarlike wegholbrande in sewe provinsies die naweek weens uiterste hitte, droë toestande en sterk wind. ‘n Vlak rooi-waarskuwing is uitgereik vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. ‘n Woordvoerder Tarien Cooks het inwoners gevra om oop vure te vermy en brandbestrydings-toerusting en watervoorraad byderhand te hou: