Groenskema begin sonneblomme oes August 24, 2025

Die Shadikongoro-groenskemaplaas in Kavango-Oos is reg om môre met die oes van 26 hektaar sonneblomme te begin. Plaasbestuurder Joseph Mutero sê ondanks uitdagings, is die skema gereed om sonneblomolie te begin produseer. Dié olie, Shadi Oil, gaan op die plaas geprosesseer  en op plaaslike markte en die res van Namibië verkoop word. Shadikongoro het ook 102 hektaar met graan geplant.