Nuwe kraamfasiliteit op Onandjokwe amper voltooi August 24, 2025

Die nuwe kraamfasiliteit by die intermediêre hospitaal op Onandjokwe nader voltooiing en sal op 20 Oktober ingehuldig word. Die fasiliteit kan 20 pasiënte huisves en sal die eerste van sy soort in die land wees. Buiten vir private kamers en geriewe vir dokters en verpleegsters, het dit ook ‘n gespesialiseerde ginekologie- en kraamteater. Buitepasiënte sal ook by die hospitaal behandel kan word.