Sokker: Pitso Mosimane swaar gestraf August 24, 2025

Die Suid-Gautengse Hooggeregshof het beslis dat die afrigter Pitso Mosimane en sy agentskap, MT Sports, meer as sewe miljoen rand, plus sewe persent rente vanaf Mei 2021 aan Mamelodi Sundowns moet terugbetaal. Dit volg na Mosimane se vertrek na Egipte se Al Ahly in 2020, enkele maande na ‘n vierjaar-kontrakverlenging met ‘n terugvorderingsklousule. Regter Shaanaz Mia het die klousule en die Hooggeregshof se jurisdiksie gehandhaaf. Mosimane se regspan beplan om teen die uitspraak te appelleer.