Chinese sakeman moet skadevergoeding aan oud-werker betaalAugust 25, 2025
Die hoërhof die Chinese sakeman Li Bailong gelas om 230 000 Namibiese dollar skadevergoeding aan voormalige werknemer, Itakeya George, te betaal nadat bevind is dat hy haar aan vernederende en verkleinerende behandeling onderwerp het tydens haar ontslag. Dit kom na die voorval in November 2021 by Li se winkel in Chinatown in die hoofstad waar George in diens was. Dit het groot opslae gemaak omdat Li haar opdrag gegee het om haar uniform met haar onmiddellike afdanking uit te trek en sy ‘n karton gegee is om haarself te bedek.