Drie pleeg selfmoord oor die naweekAugust 25, 2025

Drie mense het die afgelope naweek hul eie lewens in Namibië geneem. In Windhoek het ‘n 40-jarige vrou haarself Saterdag by ‘n fasiliteit vir geestesgesondheid in Pionierspark gehang. Vrydag het ‘n 30-jarige vrou haarself vermoedelik in die Ohamautsi-nedersetting in Omusati gehang. In die Omandakani-nedersetting het ‘n 31-jarige Angolese man Saterdag selfdood in ‘n dam gepleeg.