Kommer oor regering wat leen vir projekte in buitelandse besitAugust 25, 2025
Die Tender Bulletin berig dat daar kommer is oor die regering, wat 24 persent aandeelhouding in Hyphen Hydrogen Energy het, nou poog om 15,4 miljard Namibiese dollar te leen vir sy groen industrialisasie program. Die lenings beslaan 10,3 miljard dollar van die Europese Beleggingsbank, 15 miljoen dollar van die VN en tot 4,6 miljard dollar van die Klimaat Beleggingsfonds. Daar word beaam die regering stel sy finansiële stabiliteit bloot aan risiko’s vir ‘n projek wat grotendeels in buitelandse besit is. Regeringsfondse is elders broodnodig regoor die land.