Walvis huisroof: N$365 000 gebuitAugust 25, 2025
‘n Vrou van 48 is Vrydagoggend in haar huis op Walvisbaai aangerand, vasgebind en beroof. Volgens die polisie het die dief na bewering ingebreek en twee goue horlosies, juwele, kontant, ‘n iPhone en skootrekenaar gesteel. Die totale waarde van die buit is 356 000 Namibiese dollar. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en niks van die gesteelde items is teruggevind nie.