Fietsry: Diewe teiken span in Spanje August 26, 2025

Agtien fietse ter waarde van sowat vyf miljoen rand is uit ‘n vragmotor gesteel wat aan die Visma-Lease a Bike-span behoort. Die Nederlandse span neem tans aan die La Vuelta a España in Spanje deel. ‘n Woordvoerder sê die werktuigkundiges het daarin geslaag om die toerusting te bekom sodat die span vandag in die derde skof kan wegspring. Die diefstal volg kort op die hakke van die span se voorloper, Jonas Vingegaard, se oorwinning en verowering van die rooi trui in Maandag se tweede skof in Limone Piemonte.