Heldedag: Toekoms is in Namibiërs se hande, sê NNN August 26, 2025

Die nalatenskap van vryheidsvegters wat hul lewens vir Namibië se onafhanklikheid opgeoffer het, is eenheid, inklusiwiteit en vooruitgang, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die hede en toekoms is nou in die land se hande, het Nandi-Ndaitwah in haar toespraak tydens die 35ste Heldedagvieringe gesê, wat tans op Katima Mulilo in die Zambezi-streek onderweg is. Sowat 20 000 mense woon dié geleentheid op die sportkompleks op die dorp by.