Meer as 20 000 vir Heldedag op Katima verwag August 26, 2025

Meer as 5 000 veiligheidsmagte, wat deur lugpatrollies ondersteun sal word, is op Katima Mulilo ontplooi om te verseker alles verloop glad by die 35ste Heldedagvieringe op die dorp vandag. Volgens die hoof van die polisie in die Zambezi-streek, kommissaris Andreas Shilelo, word polisiebeamptes ook op strategiese plekke geplaas om padveiligheid op te skerp. Die hekke van die Katima Mulilo-sportkompleks het reeds 06:00 geopen en meer as 20 000 mense, insluitende president Netumbo Nandi-Ndaitwah en buitelandse afgevaardigdes, word verwag.