Taxigeweld eis nóg lewens in Wes-Kaap August 26, 2025
Die Wes-Kaapse regering het die voortdurende dodelike geweld in die taxibedryf veroordeel. Nege mense, ses taxibestuurders en drie passasiers, is Maandag geskiet in afsonderlike voorvalle in Philippi-Oos en Khayelitsha. Drie mense is dood. Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê pendelaars, operateurs en die breër publiek se veiligheid is nie onderhandelbaar nie. Die provinsiale regering sal dit nie duld as vredespogings in die taxibedryf ineenstort nie, sê hy.