Frankryk gee drie skedels terug aan MadagaskarAugust 27, 2025

Frankryk het drie skedels uit die koloniale era aan Madagaskar terugbesorg. Een van die skedels is moontlik die van ‘n Malgassiese koning wat gedurende ‘n 19de-eeuse massamoord deur Franse troepe onthoof is. Die skedel, vermoedelik van Koning Toera en twee ander van die Sakalava etniese groep was by ‘n seremonie by die Franse kultuurministerie oorhandig. Franse troepe het King Toera vermoedelik in 1897 onthoof en sy skedel is na Frankryk as ‘n trofee geneem en later in Parys se nasionale geskiedenismuseum geplaas saam met honderde ander oorblyfsels van die eiland in die Indiese Oseaan.