Geloofsgemeenskappe sal nie Gaza-stad verlaat nieAugust 27, 2025
Katolieke en Grieks-Ortodokse priesters en nonne sal in Gaza-stad aanbly ten spyte van Israel wat beplan om die stad militêr oor te neem. In ‘n gesamentlike verklaring het godsdienstige gemeenskappe gesê ontruimingsbevele is reeds vir verskeie woonbuurte in Gaza-stad uitgereik. Honderde ontheemdes het sedert die uitbreek van die oorlog in die Grieks-Ortodokse kamp van Sint Porphyrius en die Katolieke Heilige Familie-kamp begin woon, insluitende kinders en persone met spesiale behoeftes. Israelse dwaalskote het die Heilige Familie Kerk in Julie getref met drie mense wat dood is en tien wat gewond is.