Produsenteprysindeks vir produksie daal steeds in Kwartaal 2August 27, 2025
Die Namibië Statistieke-agentskap berig dat die totale produsenteprysindeks vir produksie in die tweede kwartaal van 2025 steeds gedaal het, met ‘n kwartaal-tot-kwartaal daling van 3,1 persent en ‘n jaar-tot-jaar kontraksie van 2,5 persent. Die agentskap sê die kwartaalikse daling was hoofsaaklik toe te skryf aan die dalende pryse van vervaardigde produkte, wat met 9,3 persent geval het. Die jaarlikse daling was weens laer pryse van produkte uit die mynbou- en steengroef-sektor, wat met 5,1 persent afgeneem het. Ondanks die jaarlikse daling het die sektor kwartaallikse groei van 4,5 persent behaal. Dit is aangedryf deur die soutprys wat met 29 persent gestyg het, goud met 16 persent en uraan met 8,8 persent.