Minder as ‘n derde van Zambezi huishoudings het kragAugust 28, 2025

Die energie-minister Natangwe Ithete sê die regering sal binnekort meer as 700 huishoudings in Katima Mulilo verbind. Hy voeg by dat slegs 13 502 van die 37 296 huishoudings in Zambezi gekoppel is met die oorblywende 23 794 wat ‘n ernstige uitdaging is. Sy aankondiging kom na die nuus dat NamPower 3,4 miljard Namibiese dollar benodig om 30 000 huishoudings per jaar vir die volgende vyf jaar aan krag te verbind. Kenners meen ook huishoudings kan nie die rekenings bekostig nie en dit stel instandhouding in gevaar.