Nasionale veldtog vir skoolopknappings geloodsAugust 28, 2025
Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, het die nasionale skoolrehabilitasieveldtog by die Mukuvi-laerskool in die Kavango Oos-streek van stapel gestuur. Die inisiatief is daarop gemik om vervalle skoolinfrastruktuur in al 121 kiesafdelings in die land se 14 streke op te knap en sal werklose gegradueerdes van beroepsopleidingsentrums en bekwame gemeenskapslede benut. Die doelwit van die veldtog is om te verseker dat alle skole in Namibië toegerus is met behoorlike infrastruktuur, insluitend funksionele ablusiegeriewe, laboratoriums en ander noodsaaklike nutsdienste. Ngurare het by die laerskool oornag en persoonlik by die rehabilitasiepogings aangesluit het saam met gegradueerdes van Rundu VTC en gemeenskapslede.