Polisie-speurder deur vermeende kaper op Walvis geskietAugust 28, 2025
Inligting is nog skraps en die Erongo-polisie moet nog die besonderhede bevestig maar dit wil voorkom asof ‘n polisie speurder gedurende Woensdagnag op Walvisbaai doodgeskiet is. Voorlopige inligting dui daarop dat die lid agter ‘n krimineel aan was wat na bewering ‘n taxi vroeër gekaap het. Die skietery het blykbaar by ‘n informele vragmotor-stop op die kusdorp plaasgevind. ‘n Video is gedeel waar ‘n vragmotorbestuurder sê die polisiemag is deur ‘n vermeende dief geskiet na hy ‘n taxi in Impalastraat gekaap het.