Sanksies is al wat Putin sal keer, onderhandelings werk nieAugust 28, 2025
Meer as 100 000 Oekraïnse huise was Woensdagaand sonder krag na die jongste Russiese hommeltuig-aanvalle op energie-infrastruktuur. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het in ‘n plasing op Telegram gesê die Poltava-, Sumy- en Chernihiv-streke was beïnvloed. Die Oekraïnse energie-ministerie sê dit is ‘n voortsetting van Moskou se beleid om burgerlike infrastruktuur voor die winter te vernietig. Die voormalige Amerikaanse ambassadeur na Rusland, Michael McFaul, het aan SkyNews gesê om Rusland se aandag te kry om die oorlog te beëindig, moet die Weste radikale en omvattende sanksies oplê.