AfriForum staan wysigingswetontwerp op Grondwet teenAugust 29, 2025

AfriForum sê hy is sterk gekant teen Mzwanele Manyi van die MK-party se voorgestelde 22ste Wysigingswetontwerp op die Grondwet. Die privaatlid-wetsontwerp wil Artikel 25 van die Grondwet herskryf en herdefinieer hoe grond en natuurlike hulpbronne besit en bestuur word. Dit stel voor alle grond en natuurlike hulpbronne word gesamentlik deur die mense besit met voogdyskap in die hande van die staat en tradisionele of Khoi-San-leierskap. Barend Uys van AfriForum sê die voorgestelde wetsontwerp is ʼn aanval op die besit van privaat grond: