Bipa se deregistrasie begin vandagAugust 29, 2025
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, begin vandag met die deregistrasie van besighede wat nie hul voordelige eienaarskap verklaar het nie. Die verklaring is ‘n wetlike vereiste en ook belangrik vir Namibië om van die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys verwyder te word. Bipa se tussentyde uitvoerende hoof, Aina Kaunda, sê hulle sal elke maand 1 000 besighede deregistreer wat op die inaktiewe lys is. Daar is tans 137 000 besighede op die lys, insluitend 120 000 in die Khomas-streek en 36 000 in Erongo. Gederegistreerde besighede bestaan wetlik nie meer nie en kan nie sake doen nie. Bipa laat egter toe dat ondernemings geheraktiveer word, as hulle al die wetlike vereistes nakom.