Elke belastingbetaler dra 26,4 ander Namibiërs August 29, 2025
‘n Ontleding deur Cirrus in die hoofstad toon dat 547 000 individue uit ‘n totaal van 1,88 miljoen wat van werkende ouderdom is, werk het. Cirrus het die 2023 sensus-syfers gebruik en bevind dat amper 21 persent 1 000 dollar of minder maandeliks verdien met 18,9 persent tussen 1 000 en 2 000 dollar. Cirrus sê in totaal verdien twee-derdes van die werkende bevolking onder 5 000 dollar maandeliks. Diegene wat verantwoordelik is om belasting te betaal, en dus 100 000 dollar of meer per jaar verdien, beslaan 3,8 persent van die werkende bevolking. Dit beteken dat elke belastingbetaler 26,4 ander Namibiërs dra. In Suid-Afrika betaal 12,1 persent van werkende mense belasting.