Europese oorlog: Withuis blameer albei partyeAugust 29, 2025

Terwyl ‘n bohaai in Europa losgebars het na Rusland se dodelike missiel-aanval op Kiëf, was dit relatief stil in Amerika. Karoline Leavitt, perssekretaris van die Withuis, het gesê president Donald Trump was nie gelukkig oor die Russiese aanval nie, maar ook nie verbaas nie. Senior korrespondent David Blevins het uit Washington aan Britse media ‘n beoordeling gegee van Washington se reaksie op die Russiese aggressie in Oekraïne.