Klimaatverandering bedreig miljoene kinders se toekomsAugust 29, 2025

Klimaatverandering kan ten minste 5,9-miljoen kinders en jong mense in Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande in armoede dompel as regerings nie nou optree nie. Die getal kan tot 17,9-miljoen styg as lande hulle nie daartoe verbind om die vrystel van kweekhuisgasse te verminder nie. Dis volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande en die VN se Kinderfonds. Volgens Unicef moet lande ook ‘n meer kindervriendelike klimaatbeleid finansier wat spesifiek die behoeftes van kinders aanspreek.