Linden Beef: Daar’s waarskynlik nie goeie nuus vir Meatco nieAugust 29, 2025
Linden Beef sal waarskynlik vandag gelikwideer word. Volgens Namibiese insolvensiewetgewing word verwag dat versekerde krediteure soos Agra en Bank Windhoek voorkeur sal geniet, wat beteken dat Meatco – ten spyte daarvan dat hulle glo meer as 400 beeste verloor het deur hul transaksies met Linden Beef – laaste in die ry sal wees vir enige potensiële herstel. Landboukenner Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die vooruitsigte nie belowend is vir Meatco nie.
Die saak kom vandag voor vir die reël nisi wat op 8 Augustus uitgereik is. Volgens stukke wat ingedien is het die Meester van die hof reeds Alwyn van Straten aangestel as likwidateur. Van der Linden het geen stukke ingedien nie en regter Andrew Corbett sal na verwagting vandag dit alles bekragtig.