Net meer as N$33m in skuld by mosiehof geëisAugust 29, 2025

Regters Deon Obbes en Andrew Corbett het vanoggend se mosiehof sessies hanteer waar 84 aansoeke vir verstekvonnisse gebring is met tien op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 37 van die aansoeke gebring en eis 20 eiendomme op met uitstaande skuld van 26,4 miljoen Namibiese  dollar. Daar is ook 17 lenings met ‘n skuldlas van 6,7 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. In Maandag se sessie hanteer regter Nate Ndauendapo 37 onverdedigde egskeidings.