Skole haal uit in NSSR-ligas se halfeindrondteAugust 29, 2025
Die Namibië Sekondêre Skole-rugby ligas se halfeindrondte vind vandag en môre by die Dr. Hage Geingob-stadion in Windhoek plaas. Die aksie het vandag afgeskop met die jonger ouderdomsgroepe, wat insluit kragmetings tussen Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Windhoek Hoërskool, Windhoek Gimnasium, Pro-Ed Akademie en Dr. Lemmer. Die dag sluit af met die Onder-19 B halfeindstryd tussen WHS 2 en Dr. Lemmer 2. Môre spook die senior spanne sake uit, met die Windhoek Gimnasium Leeus en Moria Bears wat mekaar in die eerste semifinaal pak. In die tweede halfeindstryd sal die Windhoek Hoërskool Koedoebulle en Tsumeb Gimnasium kragte meet.