Gru-botsing buite Mariental eis 14 lewensAugust 30, 2025

Veertien lede van die polisie en korrektiewe dienste is vroeg vanoggend net buite Mariental in ‘n kop-teen-kop-botsing dood, het die polisie bevestig. Meer as tien mense is met beserings in die hospitaal opgeneem, het mediese spanne op die toneel bevestig. Die ongeluk tussen die twee regeringsvoertuie het op die pad na Kalkrand gebeur toe die beamptes skofte geruil het.