Polisie soek visdief op Walvis August 30, 2025
Die polisie in Erongo het ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting wat kan help om die verdagte vas te trek wat kartonne bevrore vis ter waarde van 240 000 Namibiese dollar op Walvisbaai gesteel het. Die verdagte het hom Dinsdagnag as ‘n werknemer van ‘n maatskappy voorgedoen en die vis by Union Marine opgelaai sonder toestemming van die eienaar. Enigiemand met inligting kan hul naaste polisiekantoor skakel. Of kontak adjunkkommissaris Erastus Iikuyu by 081 246 4757.