VN-waghond soek antwoorde oor Tsumeb-smelter August 30, 2025
Die Verenigde Nasies se waghond vir menseregte en die omgewing het ‘n sterk bewoorde verslag oor die Tsumeb-smelter uitgereik en dring aan op antwoorde oor beweerde benadeling van die gesondheid van werkers en lede van die gemeenskap. Die VN se spesiale rapporteurs sê hulle is “baie ernstig bekommerd” oor die negatiewe impak op menseregte en die omgewing, sou dié bewerings waar wees. Hulle sê die smelter se voormalige en huidige eienaars gaan oënskynlik voort om die veiligheid van werkers en die omgewing te ignoreer.