Dodetal in Mariental-ongeluk stygAugust 31, 2025

Die dodetal in die gru-ongeluk Saterdagoggend net buite Mariental het tot 15 gestyg, het Namibië se polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, aan Informanté bevestig. Dié tromp-op-botsing tussen ‘n polisievangwa en ‘n voertuig wat tronkbewaarders vervoer het, het sowat 3 km van die Hardap-gevangenis gebeur. Onder die oorledenes was 12 dieners van die gereg en twee verdagtes. Minstens vyf beseerdes is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Intussen het veiligheidsminister Lucia Iipumbu gesê ‘n deeglike ondersoek sal van stapel gestuur word.