Krieket: Afrika-vroue begin T20-stryd vandag in WindhoekAugust 31, 2025

Die kwalifiserende toernooi vir die ICC se T20 Wêreldbeker vir vroue begin vandag in Windhoek. Namibië se Capricorn Eagles sal teen sewe ander lande in die Afrika-uitspeelronde om die twee beskikbare plekke in die Wêreldbeker meeding. Die span kom vandag om halfdrie teen Zimbabwe te staan, en môre dieselfde tyd speel hulle teen Nigerië. Woensdag se wedstryd is teen Sierra Leone.