Politieke leier in Oekraïne vermoorAugust 31, 2025
Die voormalige speaker van die Oekraïnse parlement, Andriy Parubiy, is doodgeskiet in die westelike stad Lviv. Volgens Oekraïnse aanklaers het ‘n ongeïdentifiseerde gewapende man verskeie skote op die politikus afgevuur en hy is op die toneel dood. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het Saterdag se aanval as ‘n “verskriklike moord” beskryf en sy meegevoel teenoor Parubiy se familie betuig. Die 54-jarige Parubiy het bekendheid verwerf tydens Oekraïne se Euromaidan-massabetoging, wat die voormalige pro-Russiese president, Viktor Janukovitsj, in 2014 omvergewerp het. Intussen sê die Lviv-hoofaanklaer, Mykola Meret, alle motiewe word ondersoek, insluitend Russiese betrokkenheid.