Sersant sterf toe hy selfdood probeer stop August 31, 2025
Die polisie het die naam bekend gemaak van die beampte wat Woensdagaand op Walvisbaai in ‘n roofvoorval doodgeskiet is. Sersant Eustance Simasiku Matongo, 34 jaar oud, is na bewering deur Jacques Pienaar, ‘n Usakos-inwoner, geskiet. Die polisie het op Pienaar afgekom waar hy glo met ‘n vuurwapen teen sy kop gestaan het ná hy iemand by ‘n dobbelhuis op die dorp beroof het. Die oorledene het Pienaar probeer oortuig om nie selfdood te pleeg nie, waarna hy Matongo geskiet het. Hy is op die toneel dood. Pienaar, wat daarna ‘n taxi gesteel en Swakopmund toe gery het, is vroeg Donderdagoggend aangekeer toe hy op ‘n bus wou klim. Hy het sy vuurwapen uitgepluk, ‘n stoeiery tussen hom en die polisie oor die wapen het ontstaan en Pienaar is in die proses geskiet. Hy is later in die staatshospitaal op Swakopmund dood. Die ondersoek duur voort.