Sokker: Namibië se Shalulile breek SA rekordAugust 31, 2025

Namibië se internasionale sokkerspeler, Peter Shalulile, het Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur Saterdag sy 130ste doel aan te teken. Die vorige rekord vir die meeste doelskoppe was 129 en het aan Siyabonga Nomvethe behoort. Shalulile, ‘n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het dié rekord tydens ‘n wedstryd teen Stellenbosch FC in Kaapstad gebreek. Die Kantoor van president Netumbo Nandi-Ndaitwah het hom geluk gewens en gesê hy is ‘n sprekende voorbeeld van wat harde werk, dissipline en deursettingsvermoë kan bereik.