Alcaraz en Djokovic deur na kwarteindronde by Amerikaanse OpeSeptember 1, 2025
Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope nadat hy Arthur Rinderknech van Frankryk geklop het. Die 38-jarige Serwiër, Novak Djokovic, het die Duitse kwalifiseerder, Jan-Lennard Struff, maklik verslaan om die oudste man in die geskiedenis te word wat die kwarteindronde van al vier majors se enkelspelrondes in een seisoen kon haal. In die vroueafdeling is Aryna Sabalenka van Belarus deur na haar vyfde agtereenvolgende Amerikaanse Ope-kwarteindronde nadat sy met Cristina Bucsa van Spanje afgereken het.