Aussie man vas na hy Russiese konsulaat in Sydney met motor bestormSeptember 1, 2025
‘n Man is vandag in hegtenis geneem nadat hy met sy motor teen die hekke van die Russiese konsulaat in Sydney vasgery het. Die polisie se diplomatieke beskermingseenheid het gereageer op ‘n versoek om hulp van die Russiese konsulaat nadat ‘n ongemagtigde voertuig in die oprit geparkeer was, het ‘n woordvoerder van die Australiese Federale Polisie in ‘n verklaring gesê. ‘n Buurman sê hy het gesien hoe die motor die hekke probeer oop forseer nadat die bestuurder opdrag gegee is om uit die voertuig te klim. Wagte het hul wapens uitgehaal en die man opdrag gegee om uit die motor te klim maar hy het geweier. Televisiebeeldmateriaal het ‘n wit sportnutsvoertuig met ‘n stukkende venster gewys wat langs ‘n Russiese vlagpaal op die konsulaatterrein agtergelaat is.