Etosha Fishing ontvang eerste sardyne by blikaanlegSeptember 1, 2025
Etosha Fishing het sy eerste besending sardyne sedert 2017 vir sy blikaanleg ontvang na die kabinet ‘n kwota van 10 000 metrieke ton goedgekeur het. Etosha het jare lank sardyne op Walvisbaai geblik en na die moratorium in 2018 het hy bevrore vis ingevoer om sy aanleg aan die gang te hou en 450 werksgeleenthede te bewaar. Etosha sal die hele kwota verwerk wat die maatskappy sê reuse verligting bring. Die moratorium op sardyne is ingestel na die spesie se biomassa van 11 miljoen ton in die 1960’s tot 100 000 ton rondom 2015 geval het.