Kus loop weer voor met dwelmvondseSeptember 1, 2025
Twee mans is Saterdag in Mondesa in Swakopmund in hegtenis geneem ná 624 eenhede crack kokaïen ter waarde van 62 400 Namibiese dollar in hul besit gevind is. Die polisie het in voorvalle op Otjiwarongo, Narraville en Omitara die afgelope naweek in totaal ook beslag op meer as 66 Mandrax-tablette gelê. Drie mans is tydens dié afsonderlike voorvalle gearresteer. In drie ander voorvalle het die polisie ook dagga gekonfiskeer en vier mense in hegtenis geneem.