Namcor-direksie niks lus vir Maureen nie September 1, 2025

Namcor se hele direksie dreig om te bedank ná Maureen Hinda-Mbuende, die voormalige adjunkminister van finansies, verlede week vir ‘n tydperk van ses maande as die tussentydse besturende direkteur van dié beleërde staatskorporasie aangestel is. Volgens The Namibian word die skuif as politieke inmenging beskou en was die direksie teen die aanstelling gekant. Namcor is tans in ‘n korrupsieskandaal van 480 miljoen Namibiese dollar in die hof betrokke.