Regeringsvoertuie maak amok oor die naweekSeptember 1, 2025
Die polisie ondersoek twee verskillende sake van roekelose en nalatige bestuur waarin regeringsvoertuie die naweek betrokke was. Die bestuurder van ‘n NamPost Courier-trok het Saterdagaand na bewering ‘n voetganger op die B1-pad naby die T-aansluiting by Hoachanas gestamp wat oor die pad gehardloop het. Sy is met ernstige beserings in die staatshospitaal op Mariental opgeneem. Op die pad tussen Okahandja en Ovitoto het ‘n watertenker van die weermag Vrydagaand omgeslaan terwyl dit water na die Osirikare-militêre basis vervoer het. Die bestuurder is met ligte beserings na die staatshospitaal op Okahandja geneem.