SAKP bly verbind tot samewerking met ANCSeptember 1, 2025
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê sy verkiesing-strategie vir 2026 sal daarop gemik wees om die krisis van werkersklas-verteenwoordiging aan te spreek. Die SAKP se Sentrale Komitee het oor die naweek vergader, waar omvattende verslae van die Politieke Buro en die Sekretariaat bespreek is. Die verslae gee ‘n diepgaande ontleding van die plaaslike en wêreldwye situasie. Die hoofsekretaris Solly Mapaila sê terwyl die SAKP sy onafhanklikheid en Nasionale Kongres-resolusies ten volle handhaaf, bly dit verbind tot samewerking met die ANC: