Sam Nujoma-stadion: Stad Whk oortree verkrygingreëls en het nie die nodige fondse nieSeptember 1, 2025
Die Tender Bulletin berig Stad Windhoek het die tender vir die opknapping van Sam Nujoma-stadion aan New Success Investment toegeken maar het nie die kostes daarvan bekend gemaak nie en verder, dat die Stad nie die bod of die toekenning op sy webtuiste geplaas het nie. Die publikasie sê die Stad hou aan om die opdrag van die finansministerie dat verkryging op die regering se e-portaal geplaas moet word, te ignoreer. Ongeveer 7,7 miljoen Namibiese dollar is in die vorige boekjaar daarvoor opsy gesit na 3,2 miljoen dollar bestee is op ‘n vatbaarheidstudie. Die Stad het bevestig dat sy huidige begroting nie die koste, wat op meer as 20 miljoen dollar beraam word, dek nie.